Return to site

Afrikaanse mijmeringen in het herfstige Gent

Kantoormelancholie van dichter /vertaler Daniel Hugo

· Boek en cultuur tips

Inleiding

Van 3 oktober tot 30 november 2018 verbleef de Zuid-Afrikaanse dichter en vertaler Daniel Hugo als ‘translator in residence’ aan de Universiteit van Gent.

In Zuid-Afrika is Daniel Hugo vooral bekend om zijn literaire radioprogramma’s en documentaires over auteurs. Daarnaast maakte hij ook naam als dichter en wordt hij vooral gewaardeerd als vertaler van Nederlandse en Engelse literatuur in het Afrikaans.

Zijn vertalingen van onder meer" Sprakeloos" van Tom Lanoye en "Oorlog en terpentijn" van Stefan Hertmans vielen in Zuid-Afrika verschillende keren in de prijzen.

Tijdens zijn verblijf in onze Lage Landen (tot eind 2018) gaf hij verschillende lezingen in Gent en Amsterdam maar hij maakte van zijn aanwezigheid vooral ook gebruik om te kunnen werken aan zijn volgende uitdaging, namelijk de Afrikaanse vertaling van Het verdriet van België van Hugo Claus.

Werken in Vlaanderen tijdens onze herfstige en donkere dagen is voor iemand uit het zonnige Zuid-Afrika, waar de lente en de zomer zich aandienen, echter niet altijd even evident. De kantoor melancholie en het heimwee naar de heimat en de eigen vertrouwde omgeving durven dan wel eens toeslaan. Dat is ook wat Daniel overkwam.

Daniel Hugo schreef er een mooie getuigenis over, aangevuld met een literair pareltje:

Kantoor-aalwyn

In die groot kantoor wat ek hier in die Letteregebou van die Universiteit Gent met vier ander toegewyde navorsers deel, staan daar ‘n tiental potplante. Tussen die rakke vol boeke lyk dit soos plante wat bedoel is vir ‘n herbarium. Hulle blare, blomme en sade gaan vroeër of later tussen boekblaaie gepers en bewaar word.

By nadere ondersoek blyk dit dat een van die potplante ‘n aloe vera is, wat volgens Wikipedia oorspronklik uit die Arabiese Skiereiland kom, maar reeds dwarsoor die aardbol versprei het. Dadelik het ek heimwee na ons vetplanttuin op Prins Albert, met sy verskillende soorte aalwyne – waaronder natuurlik ook aloe vera.

’n Paar dae na my kennismaking met die kantoor-aalwyn ontdek ek in die kas agter my rug ‘n volkleurkatalogus van ’n boekuitstalling waarmee die veertigjarige bestaan van die Katholieke Universiteit Leuven se Maurits Sabbe-biblioteek in 2014 gevier is. Die Latynse titel, Quadraginta margaritae, klink vir die leek na ’n plantnaam, maar beteken in werklikheid “veertig pêrels” – d.w.s. veertig pronkstukke uit daardie biblioteek. Ek blaai deur die beskrywing van veertig uitsonderlike boeke en manuskripte wat deel uitmaak van die kosbare versameling.

Op bladsy 40 (ja sowaar!) val my oog op die foto van ’n bladsy uit Rembert Dodoens se Cruydeboeck wat in 1554 in Antwerpen gedruk is. Dit bevat die tekening van ‘n aalwyn onder die opskrif Aloe. Dan volg ’n kort beskrywing van die plant se voorkoms en word ook gemeld dat die bitter sap “al om ghezocht” is en in medisynes gebruik word.

Veral die volgende uitspraak interesseer my: “Die bloemen stelen ende saet sijn den bloemen ende sade van Affodille niet seer ongelijk als Dioscorides scrijft want hier te lande en heeft men die noch niet ghesien.” Die aalwyn se blom is dus tot 1554 nog nooit in die Lae Lande gesien nie, selfs al is die plant

daar deur kruieliefhebbers gekweek: “Het wordt oock hier te lande in sommige cruytliefhebbers hoven ghevonden.”

Aangesien die aalwyn weier om in die koue Noorde te blom, moet Rembert Dodoens hom beroep op Dioscorides, ’n botanikus en farmakoloog uit die eerste eeu n.C., wat in sy De Materia Medica die aalwyn se bloeiwyse met dié van affodille vergelyk.

 

Ek twyfel of die aloe vera hier in ons kantoor ooit sy geel langsteelblomme sal vertoon – daarvoor is die somer te kort en die atmosfeer te akademies.

 

Wanneer ek weer terug is in die sonnige Groot-Karoo sal ek my kan verlustig in die geel blomme van aloe vera en die rooies van die inheemse aloe ferox. In sy onvergeetlike gedig “Plaashek” het Uys Krige die aloe ferox soos volg besing:

"Bloedrooi aalwyn langs die slingerpad.

Dis of daar vonke uit elke vuurpyl spat."

 

En die rankaalwyn (aloe ciliaris) in ons tuin het my tot die volgende vers geïnspireer:

Ad astra

 

die rankaalwyn rig sy rooi vuurpyle

ruimtewaarts na die altyd vlammende bron

dat die suikerbekkies en die bye

kan deel in die soet turbosap van die son

die een voed daarmee sy vliegvernuf

die ander vervaardig vir sy angel gif

die aalwyn weet van geen goed of kwaad

al wat geld, is die oorlewingsdrif.

Onverwags het hier in Gent die bitter aalwyn – in sy dubbele verskyningsvorm as potplant en as illustrasie in ’n ou boek – ’n soet heimwee by my gewek.

Bronne

Daniel Hugo: Openbare domein. Kaapstad: Naledi, 2018.

Uys Krige: Versamelde gedigte. Versorg deur J.C. Kannemeyer. Pretoria: J.L. van Schaik, 1985.

Quadraginta margaritae. Veertig jaar Maurits Sabbebiblioteek. Faculteit Theologie en Religiewetenschap. KU Leuven. Leuven: Peeters, 2014.

Daniel Hugo

25 November 2018